
=====================================================================
Johan Combrink was 'n DOENmens (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Johan Combrink was 'n DOENmens

    Gideon Joubert bring hulde aan wyle prof. Johan Combrink. LOUISE het my gevra om namens Johan se vriende iets te s. Sy het ges sy vra 
my, want ek was sy beste vriend. Ek weet: Almal wat nou aan hom hulde bring, is deur Johan as sy beste vriend beskou.

Hy was elkeen se beste vriend. Johan het die vermo gehad om elkeen met wie hy in aanraking gekom het, te laat voel hy/sy is vir hom 'n 
besondere en kosbare mens.

Ten spyte van aansienlike aansien en roem as akademikus, spreker en taalleier het Johan 'n nederige en gemoedelike mens gebly wat na almal 
met 'n hartlikheid en nederigheid uitgereik het op s 'n manier dat dit dikwels vriende verras en vyande ontwapen het.

Hy was 'n uiters produktiewe mens wat min geslaap en elke wakker sekonde benut het. Maar hy het altyd tyd gemaak vir enigeen wat by hom 
aangekom het. Nooit het ek, of enigeen van wie ek weet, die gevoel gekry dat ons hom steur nie.

Selfs met die eenvoudigste skoonmaker het hy 'n geselsie aangeknoop en 'n grappie gemaak. Hy het hulle met eerbied behandel en meneer of 
mevrou genoem.

Hy het die vermo gehad om die beste in mense raak te sien en na vore te bring. In elke mens, hoe beskeie of eenvoudig ook al, het hy 'n 
diamant raakgesien.

Hy het werklik vir minderbevoorregtes omgegee. Hy het byvoorbeeld tyd opsy gesit om 'n werklose swart man te leer hoe om 'n rotstuin te 
bou, en toe het hy vir hom boonop 'n getekende sierskrifdokument gegee wat sertifiseer dat die man 'n gekwalifiseerde rotstuinkunstenaar is 
wat vir di werk aanbeveel kan word. Hierdie liefdesdaad het daardie man se lewe verander. En vir altyd 'n vriend vir Afrikaans gewen.

By al sy vele fasette was Johan 'n vaardige kalligraaf. By 'n geleentheid het hy 'n werklose gewys hoe om met sierskrif plase en huise se 
name op hout uit te brand en dit aan die eienaars te verkoop.

Johan was die veelsydigste mens wat ek geken het. Hy het nie net met woorde getoor nie. Hy kon ook met sy hande mooi dinge skep. Hy het 
halfedelgesteentes geslyp en hy was 'n posselversamelaar.

Sy stokperdjies en belangstellingsvelde was te veel om op te noem. Maar min dinge het hom soveel vreugde gegee as om met woorde te speel. 
Sy woordvonke het spontaan ontpop. In menige geselskap het dit groot plesier verskaf.

Johan was by uitstek 'n taaldiplomaat, wat honderde mense se harte vir Afrikaans gewen het. Hy was 'n uitmuntende taalbevorderaar.

Op Woensdag 28 Julie het hy 'n afspraak op Oudtshoorn gehad waar hy vroer as beoordelaar opgetree het vir die Vriende van Afrikaans se 
slagsinkompetisie vir Afrikaanse sakeondernemings. Woensdagaand sou die pryse uitgedeel word. Toe die voorsitter van die George-tak, Org 
Naud, hom aan die afspraak herinner, het Johan ges: "As ek nog lewe, sal ek daar wees." Dit was die n afspraak wat Johan nie nagekom 
het nie.

Toe Org hom as professor Combrink aangespreek het, was Johan se reaksie: "Org, vriende spreek mekaar op hul name aan, nie op hul titels 
nie."

Johan het hom letterlik doodgewerk vir die saak van Afrikaans waarvoor hy so lief was. Hy het nooit nee ges vir versoeke om rens op te 
tree nie. Ek weet van 'n keer toe hy die oggend vir 'n byeenkoms George-omgewing toe moes ry en dieselfde nag teruggekom het omdat hy 
afsprake in die Kaap gehad het. In die nag het die kar gerol en Johan het nooit heeltemal van sy beserings herstel nie.

So het hy homself nooit vir sy taal, vir sy groot verskeidenheid van verpligtings, of vir sy medemense en vriende gespaar nie.

Hy was die ewige optimis, altyd opgewek en vol grappies. Sy laggie sal ons nooit vergeet nie. Hy het skewekop na die lewe gekyk en daarvoor 
gelag. Van sy skreeusnaakse waarnemings het in sy boek Kwinksinnig gestalte gekry.

Johan moes baie vergaderings bywoon en het hom gewoonlik siek verveel oor die gepratery. In sy laaste taalartikel in Die Burger het hy nog 
sy warsheid uitgespreek van mense wat van probleme s: Ek sal daarna KYK. Johan was 'n DOENMENS. En by vervelige vergaderings het mense 
dikwels gesien hoe hy ywerig skryf. Maar dit was nie aantekeninge nie. Hy was besig met die tekening van die interessantste krabbels en 
patrone, soos moderne skilderye. Van di tekeninge was s fraai dat ek dit by hom gekry het. Dit is kosbare besittings.

Onder Johan se spitsvondigheid en briljantheid was daar egter 'n opregte bedagsaamheid en deernis vir sy medemens.

Namens Johan se tallose vriende, sy duisende vriende wreldwyd -- en ek weet hy het vriende tot in Moskou gehad -- spreek ek ons diepe 
meegevoel uit aan Louise en die kinders. Ons treur oor 'n vriend, wie se heengaan vir ons 'n seer, persoonlike verlies is.

Ons sal Johan nooit kan vergeet nie, want hy was 'n onvergeetlike mens. Hy was, soos hy by geleentheid in 'n ander verband ges het, 'n hai-
jai-jai-mens. Gideon Joubert is die skrywer van Die Groot Gedagte en 'n lid van die Vriende van Afrikaans se Spitsberaad in die Wes-Kaap. 
Sy hulde is uitgespreek by die gedenkdiens op 31 Julie in die NG Moederkerk op Stellenbosch.

Prof. Johan Combrink, wat op 25 Julie oorlede is, was hoof van die SvA se Stellenbosch kantoor.



Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6314.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

